Job 40:3-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Wil jy werklik my reg verbreek, My veroordeel, dat jy gelyk kan hê?

4. Het jy dan ’n arm soos God? En kan jy donder met die stem soos Hy?

5. Versier jou tog met heerlikheid en hoogheid, en beklee jou met majesteit en glorie!

6. Giet jou toorn in strome uit; en kyk na alles wat hoog is, en verneder dit.

7. Kyk na alles wat hoog is, onderwerp dit; en werp die goddelose neer daar waar hulle staan.

8. Begrawe hulle almal saam in die stof; sluit hulle aangesigte in ’n verborge plek weg.

Job 40