8. Volgens ek gesien het: Die wat onreg ploeg en moeite saai, dié maai dit.
9. Deur die asem van God kom hulle om, en deur die geblaas van sy toorn word hulle vernietig.
10. Die gebrul van die leeu en die stem van die bruller — ja, die tande van die jong leeus word uitgebreek.
11. Die leeu kom om by gebrek aan prooi, en die kleintjies van die leeuin word verstrooi.
12. VERDER is ’n woord op geheimsinnige wyse na my gebring, en my oor het ’n gefluister daarvan opgevang,
13. by die gedagtespel, uit naggesigte gebore, wanneer diepe slaap op die mense val.