1. EN Elíhu het voortgegaan en gesê:
2. Wag ’n bietjie op my, en ek sal u inlig; want daar is nog genoeg te sê tot eer van God.
3. Ek sal my kennis van ver af ophaal en aan my Skepper reg verskaf.
4. Want waarlik, my woorde is geen leuens nie; een wat volkome is in kennis, is by u.
5. Kyk, God is geweldig, nogtans ag Hy niks gering nie — geweldig deur krag van verstand.
6. Hy laat die goddelose nie lewe nie, maar aan die ellendiges verskaf Hy reg.