1. VERDER het Elíhu aangehef en gesê:
2. Hou u dit vir reg, noem u dit: my geregtigheid voor God,
3. dat u vra wat dit u baat? Wat help dit my meer as wanneer ek sou sondig?
4. Ék sal u antwoord gee en aan u vriende saam met u.
5. Kyk op na die hemel en sien, en aanskou die wolke wat hoog bo u is.
6. As u sondig, watter skade is dit vir Hom? En is u oortredinge baie, wat kan u Hom daarmee aandoen?
7. As u regverdig is, wat gee u aan Hom? Of wat kan Hy uit u hand aanneem?
8. U goddeloosheid raak net ’n mens soos u, en u geregtigheid ’n mensekind.
9. VANWEË die menigte van verdrukkinge skreeu hulle; hulle roep om hulp oor die geweld van die grotes.
10. Maar niemand sê nie: Waar is God, my Maker, wat lofsange gee in die nag,
11. wat ons meer leer as aan die diere van die aarde en ons wyser maak as die voëls van die hemel?
12. Dan roep hulle, maar Hy antwoord nie, vanweë die trotsheid van die kwaaddoeners.