12. MAAR die wysheid — waar word dit gevind? En waar is die plek van verstand?
13. Die mens ken nie die waarde daarvan nie, en dit word in die land van die lewende nie gevind nie.
14. Die wêreldvloed sê: In my is dit nie; en die see sê: By my is dit nie.
15. Fyn goud kan daarvoor nie gegee word nie, en geen silwer as koopprys daarvan afgeweeg word nie.