1. EN Job het verder sy spreuk aangehef en gesê:
2. So waar as God leef wat my my reg ontneem het, en die Almagtige wat my siel bitterheid aangedoen het —
3. want my asem is nog heeltemal in my, en die lewensasem van God is in my neus —
4. my lippe spreek geen onreg nie, en my tong verkondig geen bedrog nie!
5. Dit is ver van my dat ek julle gelyk sou gee; totdat ek die asem uitblaas, sal ek my onskuld nie prysgee nie.
6. Aan my geregtigheid hou ek vas en laat dit nie los nie; my hart veroordeel geeneen van my dae nie.
7. MY vyand moet dus verskyn as goddelose en my teëstander as kwaaddoener.