Jesaja 66:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. SO sê die Here: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat my rusplek sal wees?

2. Want my hand het al hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, spreek die Here. Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord.

3. Wie ’n bees as offer slag, is soos hy wat ’n man doodslaan; wie ’n lam offer, soos hy wat ’n hond se nek breek; wie ’n spysoffer bring — dit is varkbloed; wie wierook as gedenkoffer bring, is soos hy wat ’n afgod prys. Soos húlle hul eie weë verkies het en hulle siel ’n behae het in hul verfoeisels,

Jesaja 66