1. TER wille van Sion sal Ek nie swyg nie en ter wille van Jerusalem nie stil wees nie, totdat sy geregtigheid uitbreek soos ’n glans en sy heil soos ’n fakkel wat brand.
2. En die nasies sal jou geregtigheid sien en al die konings jou heerlikheid; en jy sal met ’n nuwe naam genoem word wat die mond van die Here sal noem.