Jesaja 57:11-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Maar vir wie was jy bedug en bevrees? — want jy het ’n leuenaar geword en aan My nie gedink nie; jy het dit nie ter harte geneem nie. Is dit nie omdat Ek swyg nie, en dit baie lank al, dat jy My nie vrees nie?

12. Ék sal jou geregtigheid bekend maak en jou werke, dat hulle jou geen voordeel bring nie.

13. As jy skreeu, laat jou hoop gode jou red; maar die wind lig hulle almal op, ’n luggie neem hulle weg. Maar wie op My vertrou, sal die land beërwe en my heilige bergland in besit neem.

14. EN hulle sal sê: Vul op, vul op, berei die weg, verwyder die struikelblok uit die weg van my volk.

Jesaja 57