Jesaja 41:4-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Wie het dit gedoen en tot stand gebring? Hy wat die geslagte roep van die begin af; Ek, die Here, die Eerste, en by die laaste is Ek dieselfde.

5. Die eilande het dit gesien en gevrees, die eindes van die aarde het gebewe; hulle het nader gekom en toegestroom.

6. Die een het die ander gehelp en aan sy metgesel gesê: Wees sterk!

7. En die ambagsman het die goudsmid versterk, hy wat met die hamer plat slaan, hom wat op die aambeeld slaan, terwyl hy van die soldeersel sê: Dit is goed! Daarna slaan hy dit vas met spykers, dat dit nie wankel nie.

Jesaja 41