4. as die Here die onreinheid van die dogters van Sion afgewas en die bloedskulde van Jerusalem daaruit weggespoel het deur die Gees van strafgerig en die Gees van uitdelging.
5. Dan skep die Here oor elke woonplek van die berg Sion en oor sy plekke van samekoms ’n wolk bedags en rook met die glans van vuurvlamme in die nag; want oor alles wat heerlik is, sal daar ’n beskutting wees.
6. En daar sal ’n afdak wees vir ’n skaduwee bedags teen die hitte en vir ’n skuilplek en toevlug teen die stortbui en die reën.