Jesaja 36:16-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. Luister nie na Hiskía nie; want so sê die koning van Assirië: Sluit met my vriendskap en trek uit na my toe en eet elkeen van sy wingerdstok en elkeen van sy vyeboom en drink elkeen die water van sy put,

17. totdat ek kom en julle meeneem na ’n land soos julle land, ’n land van koring en mos, ’n land van brood en wingerde.

18. Laat Hiskía julle nie verlei nie deur te sê: Die Here sal ons red! Het die gode van die nasies elkeen sy land gered uit die hand van die koning van Assirië?

19. Waar is die gode van Hamat en Arpad? Waar die gode van Sefarváim? En het hulle miskien Samaría gered uit my hand?

20. Wie is daar onder al die gode van hierdie lande wat hulle land gered het uit my hand, dat die Here Jerusalem uit my hand sou red?

Jesaja 36