Jesaja 23:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. GODSPRAAK oor Tirus. Huil, skepe van Tarsis! want dit is verwoes, sodat daar geen huis, geen terugkeer meer is nie. Uit die land van die Kittiërs het dit aan hulle openbaar geword.

2. Staan verstom, inwoners van die kusland! Die koopmans van Sidon wat oor die see vaar, het jou vroeër gevul.

3. En op groot waters is die saad van Sigor, die oes van die Nyl, in hom ingebring; en so het hy ’n handelswins vir die nasies geword.

Jesaja 23