Jeremia 51:29-33 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

29. Dan bewe die aarde en krimp inmekaar; want die gedagtes van die Here kom tot stand teen Babel, om die land van Babel ’n woesteny te maak, sonder inwoner.

30. Die helde van Babel het opgehou om te veg, hulle het gebly in die bergvestings; hulle mag het verdwyn, hulle het vroue geword. Hulle het sy wonings aan die brand gesteek, sy grendels is verbreek.

31. Die een loper hardloop die ander tegemoet en die een boodskapper die ander, om aan die koning van Babel bekend te maak dat sy stad van alle kante ingeneem is;

32. en dat die driwwe beset is, en hulle die rietvleie met vuur verbrand het, en die krygsmanne verskrik is.

33. Want so sê die Here van die leërskare, die God van Israel: Die dogter van Babel is soos ’n dorsvloer in die tyd as dit vasgetrap word; nog ’n kort rukkie, dan kom die oestyd vir hom.

Jeremia 51