Jeremia 47:5-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. ’n Kaal plek het op Gasa gekom; Áskelon is vernietig, die oorblyfsel van hulle dal. Hoe lank sal jy jou stukkend kerwe?

6. Wee, swaard van die Here, hoe lank sal jy geen rus hê nie? Keer terug in jou skede, rus en wees stil.

7. Hoe sou dit rus hê, terwyl die Here daaraan bevel gegee het teen Áskelon en teen die seekus? Daar het Hy dit bestel.

Jeremia 47