7. Wie is dit wat daar oprys soos die Nyl, waarvan die waters klots soos strome?
8. Egipte rys op soos die Nyl en sy waters klots soos strome; en hy sê: Ek sal optrek, die aarde oordek, ek wil die stad verwoes en die wat daarin woon.
9. Trek op, perde, en raas, waens! En laat die helde uittrek: Kusiete en Putéërs wat die skild hanteer, en Ludiete wat die boog hanteer en span.
10. Maar dié dag behoort aan die Here Here van die leërskare, ’n dag van wraak, om wraak te neem op sy teëstanders; en die swaard sal verslind en versadig en dronk word van hulle bloed; want die Here Here van die leërskare het ’n slagoffer in die Noordland, by die Eufraatrivier.