Jeremia 46:27-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

27. Maar jy, my kneg Jakob, wees nie bevrees nie; en wees nie verskrik nie, o Israel! Want kyk, Ek verlos jou uit ver plekke en jou kroos uit die land van hulle gevangenskap; en Jakob sal terugkom en stil en gerus wees sonder dat iemand hom verskrik.

28. Jy, o my kneg Jakob, wees nie bevrees nie, spreek die Here, want Ek is met jou. Want Ek sal ’n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verdryf het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.

Jeremia 46