33. As hierdie volk of profeet of priester jou dan vra en sê: Wat het die Here gelas? — dan moet jy vir hulle sê: Júlle is die las. En Ek sal julle afwerp, spreek die Here.
34. En wat betref die profeet of die priester of die volk wat sê: Die Here het gelas — oor dié man en oor sy huis sal Ek besoeking doen.
35. So moet julle sê, elkeen vir sy naaste en elkeen vir sy broer: Wat het die Here geantwoord? En wat het die Here gespreek?
36. Maar van: die Here het gelas — mag julle nie meer melding maak nie; want vir elkeen sal sy eie woord die las wees: dat julle verdraai die woorde van die lewende God, van die Here van die leërskare, onse God.