Jeremia 22:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. SO sê die Here: Gaan af in die huis van die koning van Juda en spreek daar hierdie woord

2. en sê: Hoor die woord van die Here, o koning van Juda, wat sit op die troon van Dawid; jy en jou dienaars en jou volk wat deur hierdie poorte ingaan.

3. So spreek die Here: Doen reg en geregtigheid, en red die beroofde uit die hand van die verdrukker; en doen geen skade, geen geweld aan vreemdeling, wees en weduwee nie, en vergiet geen onskuldige bloed in hierdie plek nie.

4. Want as julle hierdie saak sorgvuldig doen, sal deur die poorte van hierdie huis konings ingaan wat op die troon van Dawid sit, wat op strydwaens en op perde ry, hy en sy dienaars en sy volk.

5. Maar as julle na hierdie woorde nie luister nie, dan sweer Ek by Myself, spreek die Here, dat hierdie huis ’n puinhoop sal word.

Jeremia 22