Jeremia 20:16-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. Ja, laat dié man wees soos die stede wat die Here omgekeer het sonder dat dit Hom berou het; en laat hom in die môre angsgeroep hoor en op die middagtyd krygsgeskreeu,

17. omdat hy my nie gedood het van die moederskoot af, sodat my moeder my graf geword het en haar skoot vir ewig swanger gebly het nie.

18. Waarom het ek tog uit die moederskoot voortgekom om moeite en kommer te sien, sodat my dae in skande verdwyn?

Jeremia 20