Jeremia 18:22-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. Laat daar ’n geskreeu uit hulle huise gehoor word as U skielik ’n bende oor hulle bring. Want hulle het ’n kuil gegrawe om my te vang en vangnette voor my voete gespan.

23. Maar U, Here, ken hulle hele plan teen my om my dood te maak; doen geen versoening oor hulle ongeregtigheid en delg hulle sonde nie uit voor u aangesig nie, ja, laat hulle tot ’n val kom voor u aangesig, tree teen hulle op in die tyd van u toorn.

Jeremia 18