10. Baie herders het my wingerd verniel, hulle het my stuk land vertrap, hulle het my begeerlike stuk land ’n woeste wildernis gemaak,
11. hulle het dit ’n wildernis gemaak; dit treur voor My, verwoes; die hele land is verwoes, omdat daar niemand is wat dit ter harte neem nie.
12. Op al die kaal heuwels in die woestyn het verwoesters gekom, want die swaard van die Here verteer van die een end van die land tot die ander end van die land; daar is geen vrede vir enige vlees nie.
13. Hulle het koring gesaai, maar dorings gemaai; hulle het hul uitgeput sonder om baat te vind. Staan dan beskaamd oor julle inkomste, vanweë die toorngloed van die Here.
14. So sê die Here: Aangaande al my goddelose bure wat die erfenis aantas wat Ek my volk Israel laat erf het — kyk, Ek ruk hulle uit hul land uit, en die huis van Juda sal Ek uit hulle midde wegruk.
15. Maar nadat Ek hulle uitgeruk het, sal Ek My weer oor hulle ontferm; en Ek sal hulle terugbring, elkeen na sy erfenis en elkeen na sy land.
16. En as hulle ywerig die weë van my volk leer om te sweer by my Naam: So waar as die Here leef, soos hulle my volk geleer het om te sweer by Baäl — dan sal hulle onder my volk gebou word.
17. Maar as hulle nie luister nie, dan sal Ek dié nasie heeltemal uitruk en tot niet maak, spreek die Here.