Jeremia 10:24-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

24. Tugtig my, Here, maar met mate; nie in u toorn, dat U my nie te klein maak nie.

25. Stort u grimmigheid uit oor die nasies wat U nie ken nie, en oor die geslagte wat u Naam nie aanroep nie; want hulle het Jakob opgeëet, ja, hulle het hom opgeëet en hom verteer en sy woning verwoes.

Jeremia 10