Jakobus 2:8-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. As julle ewenwel die koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself — dan doen julle goed.

9. Maar as julle partydig is, doen julle sonde en word deur die wet as oortreders bestraf.

10. Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.

Jakobus 2