Jakobus 2:3-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. en as julle opsien na hom wat die pragtige kleed dra, en vir hom sê: Gaan u op hierdie goeie plek sit, en vir die arme sê julle: Gaan jy daar staan of hier onder my voetbank sit —

4. het julle dan nie by julleself onderskeid gemaak en regters met verkeerde oorlegginge geword nie?

5. Luister, my geliefde broeders — het God nie die armes van hierdie wêreld uitverkies as rykes in die geloof en erfgename van die koninkryk wat Hy beloof het aan die wat Hom liefhet nie?

6. Maar julle het die arm man oneer aangedoen. Is dit nie juis die rykes wat julle oorweldig en julle voor die regbanke sleep nie?

7. Is dit nie hulle wat die edele Naam belaster oor julle aangeroep is nie?

8. As julle ewenwel die koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself — dan doen julle goed.

Jakobus 2