Hoséa 14:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. SAMARÍA sal daarvoor boet, omdat hy weerspannig was teen sy God; hulle sal val deur die swaard, hulle kinders sal verpletter en hulle swanger vroue oopgesny word.

2. Bekeer jou, Israel, tot die Here jou God, want jy het gestruikel deur jou ongeregtigheid.

3. Neem woorde met julle, en bekeer julle tot die Here; sê aan Hom: Vergeef alle ongeregtigheid, en neem aan wat goed is; dan sal ons as offerdiere ons lippe aanbied.

4. Assur kan ons nie red nie, op perde wil ons nie ry nie en tot die werk van ons hande nie meer sê: Onse God nie! Want by U vind die wees ontferming.

Hoséa 14