Hoséa 12:3-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Die Here het ook ’n twis met Juda, en Hy sal oor Jakob besoeking doen volgens sy weë, hom vergelde na sy dade.

4. In die moederskoot het hy sy broer by die hakskeen gehou, en in sy manlike krag het hy met God geworstel.

5. Ja, hy het met die Engel geworstel en die oorhand gekry, hy het geween en Hom gesmeek. By Bet-el het hy Hom gevind, en daar het Hy met ons gespreek.

6. En Here God van die leërskare, Here is sy gedenknaam.

7. En jy, tot jou God moet jy terugkeer, beoefen liefde en reg, en hoop gedurigdeur op jou God.

8. Kanaän — in sy hand is daar ’n valse weegskaal, hy hou daarvan om af te pers.

9. Maar Efraim sê: Tog het ek ryk geword, ek het vir my ’n vermoë verwerf. Alles wat ek verwerf het, is nie genoeg om op my enige sondeskuld te lê nie.

Hoséa 12