10. Maar Ek is die Here jou God van Egipteland af, Ek sal jou weer in tente laat woon soos in die dae van die huttefees.
11. Ek het ook tot die profete gespreek, en Ek het gesigte vermenigvuldig en deur middel van die profete gelykenisse voorgedra.
12. Was Gílead goddeloosheid — hulle het louter nietigheid geword. In Gilgal het hulle beeste geoffer; so sal dan hulle altare wees soos kliphope op die vore van die landerye.
13. En Jakob het gevlug na die veld van Aram, en Israel was diensbaar vir ’n vrou as loon, en vir ’n vrou het hy vee opgepas.