1. DIE woord van die Here wat gekom het tot Hoséa, die seun van Beëri, in die dae van Ussía, Jotam, Agas, Jehiskía, konings van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel.
2. Die begin van wat die Here met Hoséa gespreek het; die Here het aan Hoséa gesê: Gaan heen, neem vir jou ’n hoervrou en hoerkinders; want die land het grootliks owerspel bedrywe deur van die Here afvallig te word.
3. Toe het hy gegaan en Gomer, die dogter van Diblaim, geneem; en sy het swanger geword en vir hom ’n seun gebaar.