Hebreërs 8:5-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. hulle wat ’n afbeeldsel en skaduwee van die hemelse dinge bedien, soos Moses ’n goddelike bevel ontvang het toe hy die tabernakel sou voltooi; want Hy het gesê: Kyk dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat jou op die berg getoon is.

6. Maar nou het Hy ’n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ’n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is.

7. Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir ’n tweede gesoek word nie.

Hebreërs 8