Hebreërs 10:3-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Maar in dié offers is daar jaar na jaar ’n herinnering aan die sondes;

4. want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem.

5. Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My ’n liggaam berei.

6. Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie.

7. Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom — in die boekrol is dit van My geskrywe — om u wil te doen, o God.

8. Nadat Hy hierbo gespreek het: Slagoffer en spysoffer en brandoffers en sondoffers wou U nie hê en het U nie behaag nie — wat volgens die wet geoffer word —

9. het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen, o God. Hy neem die eerste weg om die tweede te stel.

Hebreërs 10