1. EN terwyl hulle besig was om met die volk te spreek, het die priesters en die hoofman van die tempel en die Sadduseërs op hulle afgekom,
2. baie ontevrede dat hulle die volk leer en in Jesus die opstanding uit die dode verkondig.
3. En hulle het die hande aan hulle geslaan en hulle in die gevangenis gesit tot die volgende môre toe, want dit was al aand.
4. En baie van die wat die woord gehoor het, het geglo; en die getal van die manne het omtrent vyfduisend geword.
5. Die volgende dag kom toe hulle owerstes en ouderlinge en skrifgeleerdes in Jerusalem bymekaar,