Handelinge 27:42-44 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

42. Nou was dit die plan van die soldate om die gevangenes dood te maak, sodat niemand kon uitswem en ontsnap nie.

43. Maar die hoofman oor honderd wou Paulus red en het hulle verhinder in hulle voorneme en bevel gegee dat die wat kon swem, eerste in die see moes spring om aan land te kom,

44. en die ander, sommige op planke en sommige op stukke van die skip. En so het almal behoue aan land gekom.

Handelinge 27