20. maar ek het eers aan die mense in Damaskus en in Jerusalem en in die hele land van Judéa en aan die heidene verkondig dat hulle tot inkeer moet kom en hulle tot God bekeer deur werke te doen wat by die bekering pas.
21. Om hierdie rede het die Jode my in die tempel gevang en my probeer ombring.
22. Maar omdat ek hulp van God verkry het, staan ek tot vandag toe en getuig aan klein en groot, en spreek niks buiten wat die profete en ook Moses gesê het dat sou gebeur nie:
23. dat die Christus moes ly en die eerste wees uit die opstanding van die dode, en ’n lig aan die volk en die heidene sou verkondig.