Handelinge 25:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. FESTUS het dan in die provinsie gekom en ná drie dae van Cesaréa opgegaan na Jerusalem.

2. En die hoëpriester en die vernaamstes van die Jode het Paulus by hom aangeklaag

3. en by hom aangedring en gevra, as ’n guns teen Paulus, dat hy hom na Jerusalem moes laat haal; terwyl hulle intussen ’n hinderlaag voorberei het om hom op die weg om te bring.

4. Maar Festus het geantwoord dat Paulus in Cesaréa bewaak word en dat hy self spoedig daarheen sou reis.

5. Laat dan dié onder julle, sê hy, wat bevoeg is, saamgaan, en as daar iets verkeerds in hierdie man is, hom beskuldig.

Handelinge 25