Handelinge 23:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Paulus het die oë op die Raad gehou en gesê: Broeders, ek het met ’n volkome goeie gewete voor God gewandel tot op hierdie dag.

2. Maar die hoëpriester Ananías het bevel gegee aan die wat by hom staan, om hom op die mond te slaan.

3. Toe sê Paulus vir hom: God sal u slaan, gewitte muur! U sit tog om my volgens die wet te oordeel, en beveel u in stryd met die wet dat ek geslaan moet word?

4. En die wat daarby staan, sê: Skel jy die hoëpriester van God uit?

5. Daarop sê Paulus: Ek het nie geweet, broeders, dat hy hoëpriester is nie, want daar staan geskrywe: Van ’n owerste van jou volk mag jy nie kwaad spreek nie.

Handelinge 23