Handelinge 2:10-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Frígië en Pamfílië, Egipte en die streke van Líbië by Ciréne, en Romeine wat hier vertoef, Jode en Jodegenote,

11. Kretense en Arabiere — ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek.

12. En hulle was almal verbaas en radeloos en sê die een vir die ander: Wat kan dit tog wees?

13. Maar ander het gespot en gesê: Hulle is vol soetwyn.

14. MAAR Petrus het opgestaan met die elf en sy stem verhef en hulle toegespreek: Joodse manne en almal wat in Jerusalem woon, dit moet julle weet, en luister na my woorde.

15. Hierdie mense is tog nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar die derde uur in die môre.

16. Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is:

Handelinge 2