Handelinge 13:14-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Maar hulle het van Perge af verder gegaan en in Antiochíë in Pisídië aangekom, en hulle het op die sabbatdag in die sinagoge gegaan en gaan sit.

15. En ná die lesing van die wet en die profete het die hoofde van die sinagoge na hulle gestuur en gesê: Broeders, as julle ’n woord van opwekking vir die volk het, spreek dan!

16. Toe staan Paulus op, wink met die hand en sê: Israeliete en julle wat God vrees, luister!

17. Die God van hierdie volk Israel het ons vaders uitverkies en die volk verhoog toe hulle bywoners in Egipteland was, en met ’n hoë arm hulle daaruit gelei.

18. En omtrent veertig jaar lank het Hy hulle in die woestyn verdra.

19. En sewe nasies het Hy in die land Kanaän uitgeroei en hulle land deur die lot aan hulle uitgedeel.

20. En daarna omtrent vierhonderd-en-vyftig jaar lank het Hy rigters gegee tot op Samuel, die profeet.

Handelinge 13