Hábakuk 1:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIE Godspraak wat Hábakuk, die profeet, gesien het.

2. Hoe lank, o Here, roep ek om hulp, maar U hoor nie; skreeu ek tot U: Geweld! — maar U help nie?

3. Waarom laat U my onreg sien en aanskou U die moeite! Ja, verwoesting en geweld is voor my oë; en daar is stryd, en twis begin.

4. Daarom verloor die wet sy krag, en die reg kom nooit meer te voorskyn nie; want die goddelose omsingel die regverdige, daarom kom die reg verdraaid te voorskyn.

Hábakuk 1