1. EN God het gedink aan Noag en aan al die wilde diere en al die vee wat saam met hom in die ark was; en God het ’n wind oor die aarde laat waai, sodat die waters gesak het.
2. Ook die fonteine van die watervloed en die sluise van die hemel het toegegaan, en die stortreën uit die hemel het opgehou.
3. Toe het die waters geleidelik van die aarde teruggegaan, en die waters het afgeneem aan die end van honderd-en-vyftig dae.
4. En die ark het in die sewende maand, op die sewentiende dag van die maand, op die gebergte van Árarat gerus.