Génesis 50:18-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. En sy broers het ook self gegaan en voor hom neergeval en gesê: Kyk, ons is u slawe.

19. Maar Josef het hulle geantwoord: Moenie bevrees wees nie; want is ek in die plek van God?

20. Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om ’n groot volk in die lewe te hou.

21. Wees dan nou nie bevrees nie: ék sal julle en julle kinders onderhou. So het hy hulle dan getroos en na hulle hart gespreek.

22. En Josef het in Egipte gewoon, hy en die huis van sy vader. En Josef het honderd-en-tien jaar gelewe.

23. En Josef het van Efraim kinders gesien van die derde geslag. Ook die kinders van Magir, die seun van Manasse, is op Josef se knieë gebore.

Génesis 50