Génesis 40:16-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. Toe die voorman van die bakkers sien dat hy ’n gunstige uitlegging gegee het, sê hy aan Josef: Ook in mý droom — toe was daar drie mandjies met witbrood op my hoof,

17. en in die boonste mandjie was allerhande eetware vir Farao deur bakkers klaargemaak, en die voëls het dit uit die mandjie bo-op my hoof weggepik.

18. Toe antwoord Josef en sê: Dit is die uitlegging daarvan — die drie mandjies is drie dae.

19. Binne drie dae sal Farao jou hoof bo-oor jou verhef — hy sal jou aan ’n paal ophang, en die voëls sal jou vlees van jou af wegpik.

Génesis 40