1. EN die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het ’n man verkry met die hulp van die Here.
2. Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel het ’n skaapherder geword, en Kain ’n landbouer.
3. En ná verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die Here ’n offer gebring.
4. En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En die Here het Abel en sy offer genadig aangesien,
5. maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang.