7. want hulle besittings was te groot om saam te woon, en die land van hulle vreemdelingskap kon hulle nie dra vanweë hulle vee nie.
8. En Esau het gaan woon in die gebergte Seïr. Esau, dit is Edom.
9. Dit is dan die geskiedenis van Esau, die vader van die Edomiete, in die gebergte Seïr.
10. Dit is die name van die seuns van Esau: Élifas, die seun van Ada, die vrou van Esau; Réhuel, die seun van Basmat, die vrou van Esau.
11. En die seuns van Élifas was: Teman, Omar, Sefo en Gáetam en Kenas.