1. EN dit is die geskiedenis van Esau, dit is Edom.
2. Esau het sy vroue geneem uit die dogters van Kanaän: Ada, die dogter van Elon, die Hetiet, en Oholibáma, die dogter van Ana, die dogter van Síbeon, die Hewiet;
3. en Basmat, die dogter van Ismael, die suster van Nébajot.
4. En Ada het vir Esau gebaar Élifas, en Basmat het gebaar Réhuel.
5. En Oholibáma het gebaar Jehus en Jáelam en Korag. Dit is die seuns van Esau wat vir hom gebore is in die land Kanaän.