Génesis 24:54-60 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

54. En hulle het geëet en gedrink, hy en die manne wat by hom was, en die nag oorgebly. Toe hulle die môre vroeg opgestaan het, sê hy: Laat my trek na my heer!

55. Maar haar broer en haar moeder sê: Laat die dogter ’n dag of tien by ons bly; daarna kan jy heengaan.

56. Maar hy antwoord hulle: Moet my nie ophou nie aangesien die Here my weg voorspoedig gemaak het; laat my trek, dat ek na my heer kan gaan.

57. Toe sê hulle: Laat ons die dogter roep en haar self vra.

58. En hulle het Rebekka geroep en haar gevra: Wil jy met hierdie man saamgaan? En sy antwoord: Ja.

59. Daarop het hulle Rebekka, hulle suster, en haar oppasser laat trek saam met die dienaar van Abraham en sy manne.

60. En hulle het Rebekka geseën en aan haar gesê: Ons suster, mag jy duisende van tienduisende word, en mag jou nageslag die poort van sy vyande in besit neem!

Génesis 24