3. dat ek jou kan laat sweer by die Here, die God van die hemel en die God van die aarde, dat jy vir my seun geen vrou sal neem uit die dogters van die Kanaäniete onder wie ek woon nie;
4. maar dat jy na my land en my familie sal gaan om vir my seun Isak ’n vrou te neem.
5. Toe sê die dienaar vir hom: Miskien sal die vrou my nie wil volg na hierdie land nie. Moet ek u seun dan maar terugbring in die land waaruit u weggetrek het?
6. En Abraham antwoord hom: Neem jou tog in ag dat jy my seun nie weer daarheen bring nie.