6. En hy het in die Here geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.
7. Verder het Hy vir hom gesê: Ek is die Here wat jou uitgelei het uit Ur van die Chaldeërs om jou hierdie land in besit te gee.
8. En hy sê: Here Here, waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem?
9. En Hy antwoord hom: Neem vir My ’n driejaaroud vers en ’n driejaaroud bokooi en ’n driejaaroud ram en ’n tortelduif en ’n jong duif.
10. En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie.