17. En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar ’n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur.
18. Op dié dag het die Here met Abram ’n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:
19. die Keniete en Kenissiete en Kadmoniete
20. en Hetiete en Feresiete en Refaïete
21. en Amoriete en Kanaäniete en Girgasiete en Jebusiete.