23. En die seuns van Aram was: Us en Hul en Geter en Mas.
24. En Arpágsad was die vader van Selag, en Selag van Heber.
25. En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en die naam van sy broer was Joktan.
26. En Joktan was die vader van Almódad en Selef en Hasarmáwet en Jerag
27. en Hadóram en Usal en Dikla